4-6 hoenderborsies, in repe gesny

30 ml (2 e) knoffel-en-kruiespeserye

vars gemaalde peper

2 eiers, geklits

125 ml (½ k) koekmeel

olie, vir vlakbraai

PITAS

4 pitabrode, oopgesny

½ komkommer, in skyfies gesny

100 g gemengde slaaiblare

  1. Geur die hoender met die speserye en peper. Doop die hoender in die eier en dan die meel. Vlakbraai in verhitte olie tot goudbruin en gaar. Dreineer op kombuispapier.
  2. Pitas
  3. Stop die pitabrode met die komkommer, slaaiblare en hoenderrepies.
  4. Sit voor saam met jogurt.