Genoeg vir 4 mense

Bereiding: 15 minute

Gaarmaaktyd: 25 minute

800 g skilferkorsdeeg, ontvries

5 ml (1 t) Dijon-mosterd

3 hoenderborsies, gaar en versnipper

100 g sampioene

sout en peper

60 ml (¼ k) broodkrummels

500 ml (2 k) gerasperde cheddarkaas

15 ml (1 e) sampioensoppoeier

45 ml (3 e) water

1 eier, geklits

SLAAI

1 ui, in skywe gesny

5 ml (1 t) rooiwynasyn

sout en peper

45 ml (3 e) olie

blaargroente

2 pomelo’s of bloedlemoene, in skywe gesny

1 Voorverhit die oond tot 180 °C.

2 Rol die skilferkorsdeeg uit op ’n oppervlak wat liggies met meel bestrooi is en sny 8 sirkels so groot soos kleinbordjies uit.

3 Verf die middel van die helfte van die deegsirkels met die mosterd en bedek met die hoender en sampioene. Geur met die sout en peper.

4 Meng die broodkrummels en kaas in ’n bak en strooi oor die sampioene. Meng die soppoeier met die water en skep dit oor die vulsel van elke pastei.

5 Bedek met die oorblywende deegsirkels en druk om die kante te verseël. Maak splete bo-op sodat die stoom kan ontsnap. Verf met die eier en bak 25 minute.

6 Slaai Meng die ui en die asyn en voeg die sout en peper by na smaak. Meng die olie in. Meng die blaargroente en die pomelo- of lemoenskywe en meng dit met die slaaisous.