VULSEL

15 ml (1 e) botter

15 ml (1 e) olie

2 uie, gekap

2 knoffelhuisies, fyngedruk

4-6 gaar hoenderfilette, gepluis

1 blik (410 g) gekapte tamaties

45 ml (3 e) blatjang

5 ml (1 t) gedroogde origanum

sout en peper

KORS

250 ml (1 k) mieliemeel

1 blik (410 g) pitmielies, gedreineer

  1. Vulsel Verhit botter en olie en braai uie en knoffel. Voeg res van bestanddele by en roerbraai. Geur met sout en peper. Skep in ’n bak.
  2. Kors Berei mieliepap volgens aanwysings op die pak. Meng die pitmielies deur.
  3. Skep op die vulsel en sit voor