GENOEG VIR 6 MENSE

Bereiding: 5 min.

Gaarmaak: 12 min.

30 ml (2 e) olyfolie

1 ui, gekap

3 knoffelhuisies, gekap

1 L hoenderaftreksel

500 ml (2 k) water

100 g mini-pastaskulpe

2 hoenderborsies, in blokkies gesny

50 g babaspinasie

1. Verhit die olie in ’n kastrol oor hoë hitte. Voeg die ui en knoffel by en roer tot sag.

2. Giet die aftreksel en water in en bring tot kookpunt. Voeg die pasta by en kook 5 min.

3. Voeg die hoender by en kook 5 min. of tot deurgaar. Verwyder van die hitte, roer die spinasie in en sit in bakke voor.

Deur Hope Malau

Foto’s: Megan Miller