Genoeg vir 4 mense

Bereiding: 10 min.

Gaarmaak: 55-60 min.

4-6 hoenderporsies

sout en vars gemaalde peper

15 ml (1 e) droë origanum

6 knoffelhuisies, gekneus

30 ml (2 e) olyfolie

PANZANELLA

4 ryp tamaties, in stukke gesny

100 g kersietamaties

30 g vars basilie

CROUTONS

1 middelslag-ciabatta of 2 ciabatta-rolletjies

45 ml (3 e) olyfolie

Voorverhit die oond tot 180 °C.

  1. Geur die hoenderporsies met die sout, peper en origanum. Pak in ’n oondbak. Versprei die knoffelhuisies tussenin en sprinkel die olyfolie oor. Bak 40 min.
  2. Panzanella Verhoog die temperatuur tot 200 °C. Pak die tamaties tussen die hoender en bak nog 10 min. Haal uit die oond en hou eenkant.
  3. Croutons Verhoog die temperatuur tot 230 °C. Skeur die ciabatta in stukke en versprei op ’n bakplaat. Giet die olyfolie oor en
  4. rooster 5-10 min. tot bros en goudbruin.
  5. Sprinkel die broodstukkies en basilie oor die hoender en tamaties. Meng rofweg en sit voor saam met polenta.