Bereiding: 20 minute

Gaarmaaktyd: 30 minute

Genoeg vir 6 mense

4 hoenderborsies, in blokkies gesny

5 ml (1 t) gemengde kruie

5 ml (1 t) paprika

125 ml (½ k) broodkrummels

1 eier

olie vir diepbraai

Beslag

125 ml (½ k) meel

10 ml (2 t) bakpoeier

’n knippie sout

1 eier

125 ml (½ k) sodawater, koud

Sous

125 ml (½ k) gewone jogurt

5 ml (1 t) gemmer, gerasper

2 knoffelhuisies, fyngedruk

5 ml (1 t) Cajun-spesery

5 ml (1 t) masala-spesery

Bolaag

4 tortillas, gerooster

’n handvol blaarslaai, versnipper

1 avokado, in blokkies gesny

2,5 ml (½ t) brandrissievlokkies

Plaas die hoender in ’n voedselverwerker en verwerk tot glad.

Voeg die kruie, speserye, broodkrummels en eier by.

Verwerk ’n paar sekondes tot goed gemeng.

Vorm in balletjies en sit eenkant.

Verhit ’n middelslag-kastrol vol olie oor medium tot hoë hitte.

Meng die beslagbestanddele in ’n bak tot glad.

Sit die hoender in die beslag en laat val dit versigtig in die warm olie.

Kook 5-8 minute tot goudbruin en deurgaar.

Meng die sousbestanddele in ’n bak tot goed gemeng, bedek en sit in die yskas.

Vul die tortillas met blaarslaai, avokado, hoender en brandrissievlokkies.

Bedruip met die sous.

- Hope Malau