Genoeg vir 6 mense

Bereiding: 10 minute

Gaarmaaktyd: 45 minute

500 g hoender, gaar

1 L (4 k) water

2 wortels

2 preie

1 ui, gehalveer

1 lourierblaar

6 swart peperkorrels

1 blokkie hoenderaftreksel

150 g rysnoedels

100 g spinasie, gekap

4 sprietuie, gesny

1 blik (410 g) rooi nierboontjies

1 Haal die hoender van die bene af en sit eenkant.

2 Bring die water tot kookpunt in ’n pot oor gematigde hitte en voeg die hoender, wortels, preie, ui, lourierblaar, peperkorrels en aftrekselblokkie by. Laat prut 35 minute en skep af en toe die skuim van die oppervlak af.

3 Gooi die noedels in die pot en kook ’n minuut. Voeg die spinasie, sprietuie en bone by en maak deurwarm.

Wenk: Vervang die gaar hoender met skoongemaakte rou hoenderpote.

- Hope Malau