GENOEG VIR 6 MENSE

Bereiding: 10 min.

Gaarmaak: 25 min.

750 ml (3 k) hoenderaftreksel

4 beenlose hoenderborsies, in blokkies gesny

2 cm vars gemmer, fyn gemaal

1 knoffelhuisie, fyn gekap

50 g noedels

80 ml (1/3 k) bevrore soetmielies

2 sprietuie, gekap

10 ml (2 t) sojasous

’n hand vol basilieblare

1. Giet die aftreksel in ’n pot en voeg die hoender, gemmer en knoffel by. Bring tot kookpunt, verlaag die hitte, bedek en laat prut 20 min. tot die hoender sag is.

2. Voeg die noedels, mielies, die helfte van die sprietuie en die sojasous by. Laat prut 3 min. tot die noedels sag is.

3. Skep in twee bakke en strooi die oorblywende sprietuie en kruie oor.

Deur Hope Malau

Foto’s: Megan Miller