Genoeg vir 4-6 mense

Bereiding: 10 minute

Gaarmaaktyd: 15-20 minute

KERRIE

30 ml (2 e) olie

15 ml (1 e) botter

8 hoenderporsies (dytjies en boudjies)

50 g hoenderkerriepasta (Madras Curry, Asian Home Gourmet)

3 ryp tamaties, in stukke gesny

1 blik (400 ml) klappermelk

1 blik (400 g) klein witboontjies, gedreineer

60 ml (¼ k) vars koljanderblare, gekap

SALSA

2 tamaties, in klein blokkies gesny

1 klein oranje soetrissie, in klein blokkies gesny

½ komkommer, in klein blokkies gesny

60 ml (¼ k) vars koljanderblare, fyn gekap

sout en vars gemaalde swartpeper

ekstra vars koljanderblare vir garnering

basmatirys vir voorsit

  1. KERRIE Verhit die olie en botter en braai die hoenderstukke tot goudbruin. Roer die kerriepasta by die hoender en braai nog sowat 3 minute.
  2. Roer die tamaties, klappermelk, boontjies en koljander by en laat dit sowat 15 minute prut.
  3. SALSA Meng intussen al die bestanddele vir die salsa.
  4. Sit die kerrie voor met rys, salsa en vars koljanderblare.