GENOEG VIR 6 MENSE

Bereiding: 15 min.

Gaarmaak: 50 min.

Bestanddele

15 ml (1 e) koljandersaad

10 ml (2 t) komynsaad

5 ml (1 t) vinkelsaad

1 ui, in kwarte gesny

6 groot tamaties, in kwarte gesny

1 rooi brandrissie, pitte verwyder

2 knoffelhuisies, gekap

3 cm vars gemmer, geskil

10 ml (2 t) borrie

10 ml (2 t) kaneel

’n bietjie sout

45 ml (3 e) olie

6 kerrieblare

12 hoenderboudjies

1 blik (400 g) gekapte tamaties

300 ml hoenderaftreksel

2 ml (½ t) suiker

sap van ½ suurlemoen

80 ml (? k) natuurlike jogurt

gekookte rys vir voorsit

Metode

  1. Droogbraai die koljander-, komyn- en vinkelsaad 2 min. in ’n groot pan of tot geurig en net begin skiet. Maal dit tot ’n fyn poeier met ’n vysel en stamper of speserymeul. Verwerk die ui, tamatiekwarte, brandrissie, knoffel, gemmer, borrie, kaneel en sout in ’n verwerker tot ’n gladde pasta.
  2. Verhit die olie liggies in die pan wat vir die speserye gebruik is. Voeg die speserypoeier en pasta by saam met 45 ml (3 e) water en die kerrieblare. Laat prut 10 min. oor lae hitte of tot van die speserye se natuurlike olies sigbaar is.
  3. Voeg die hoender, gekapte tamaties en aftreksel in die pan saam met die suiker en suurlemoensap. Laat prut 30 min. of tot die hoender gaar is. Sit 10 min. eenkant om af te koel en roer dan die jogurt in. Sit voor saam met die gekookte rys.

Deur Hope Malau

Foto’s: Misha Jordaan