Genoeg vir 6 mense

Bereiding: 20 minute

Gaarmaaktyd: 45 minute

6 hoenderborsies, in blokkies gesny

45 ml (3 e) suurlemoensap

3 knoffelhuisies

5 ml (1 t) komyn

5 ml (1 t) paprika

5 ml (1 t) geroosterde masala

2 ml (½ t) brandrissiepoeier

60 ml (¼ k) dikroom

sout end peper

SOUS

30 ml (2 e) olie

2 uie, in skywe gesny

15 ml (1 e) gerasperde gemmer

4 knoffelhuisies, gekap

15 ml (1 e) fyn koljander

2 ml (½ t) borrie

2 ml (½ t) brandrissiepoeier

2 ml (½ t) geroosterde masala

2 ml (½ t) paprika

60 ml (¼ k) Griekse jogurt

250 ml (1 k) hoenderaftreksel

sout en peper

’n hand vol vars koljander

1    Plaas die hoender in ’n glasbak. Meng die suurlemoensap, knoffel, komyn, paprika, masala, brandrissiepoeier, room, sout en peper by. Bedek die bak en verkoel in die koelkas tot nodig.

2    Sous: Verhit intussen die olie in ’n groot braaipan oor matige hitte en braai die uie tot effens bruin. Voeg die gemmer en knoffel by en braai nog 2 minute. Roer dan die koljander, borrie, brandrissiepoeier, masala en paprika by. Giet die jogurt en aftreksel in en laat prut ’n kwartier. Die sous moet dik wees.

3    Braai die hoender 20 minute of tot deurgaar in ’n braaipan oor matige hitte. Meng met die sous en sit voor met roti’s. Jy kan ook die hoender aan sosatiepenne ryg en met die sous voorsit om die hoender en roti’s in te doop.

- Hope Malau