Genoeg vir 6 mense.

Bereiding: 10 minute

Gaarmaaktyd: 30 minute

6 hoenderborsies, in blokkies gesny

60 ml (¼ k) suurlemoensap

30 ml (2 e) kerriepoeier

sout en vars gemaalde peper

15 ml (1 e) olie

5 ml (1 t) fyn wonderpeper

3 knoffelhuisies, gekap

3 takkies tiemie

100 g groenbone

400 g klappermelk

50 g babamielies

1 groen rissie, gekap

1.    Meng die hoender, suurlemoensap en die helfte van die kerriepoeier in ’n bak en geur met die sout en peper.

2.    Verhit die olie in ’n pan op matige hitte, plaas die hoender sonder die vloeistof daarin en kook 10 minute.

3.    Roer die oorblywende kerriepoeier, wonderpeper, knoffel, tiemie en bone by. Kook 10 minute en roer af en toe.

4.    Gooi die klappermelk, mielies en rissie by. Roer om te meng. Laat 10 minute saggies kook of tot die hoender gaar is. Sit voor saam met rys.

- Hope Malau