Genoeg vir 6-8

Bereiding: 5 min.

Gaarmaak: 35 min.

250 ml (1 k) meel

sout en peper

30 ml (2 e) olie

8 hoenderdye

1 ui, gekap

2 knoffelhuisies, gekap

1 groen soetrissie, ontsaad en gekap

400 g gekapte tamaties

2,5 ml (½ t) droë gemengde kruie

125 ml (½ k) hoenderaftreksel

’n hand vol pietersielie, gekap, vir voorsit

pap vir voorsit

  1. Meng die meel en geursel in ’n plastieksak, voeg die hoender by en skud die sak om goed te bedek.
  2. Verhit die olie in ’n groot kasserolbak. Braai die hoender tot goudkleurig weerskante. Haal uit die bak en sit eenkant.
  3. Voeg die ui, knoffel en groen soetrissie in die pan en soteer tot die ui goudbruin is. Sit die hoender terug in die pan en voeg die tamaties, gemengde kruie en aftreksel by. Geur goed, bedek met die deksel en laat 20 min. prut.
  4. Pas die geursel aan en laat nog 5 min prut. Garneer met pietersielie en sit voor met die pap.

Deur Hope Malau

Foto: Misha Jordaan