Genoeg vir 4 mense

Bereiding: 15 minute (gaarmaak van hoender uitgesluit)

Gaarmaaktyd: 10 minute

125 ml (½ k) mielieblom

5 ml (1 t) Chinese vyfspeserypoeier

5 ml (1 t) seesout

4 gaargestoomde hoenderborsies, in dik skywe gesny

olie vir vlakbraai

lemmetjies, in wiggies gesny, vir voorsit

soet brandrissiesous vir voorsit

  1. Meng die mielieblom, speserye en sout en rol die hoenderskywe daarin.
  2. Verhit die olie en braai die hoender tot alkant goudbruin.
  3. Dreineer op kombuispapier. Sit voor saam met die vars lemmetjies en soet brandrissiesous.