Genoeg vir 6 mense

Bereiding: 10 minute

Gaarmaaktyd: 30 minute

300 g hoendermaalvleis

30 ml (2 e) garam masala

sout en peper

4 knoffelhuisies, gekap

5 ml (1 t) gerasperde gemmer

sap van 1 suurlemoen

SOUS

5 ml (1 t) olie

1 ui, in skywe gesny

2 groen brandrissies, gekap

1 groen soetrissie, in blokkies gesny

410 g (1 blik) heel tamaties

250 ml (1 k) hoenderaftreksel

knoffelbrood vir voorsit

vars kruie vir garnering

1 Meng die hoendermaalvleis met die helfte van die masala en al die sout, peper, knoffel, gemmer en suurlemoensap. Maak jou hande nat en vorm mini-frikadelle. Hou eenkant.

2 Sous Verhit die olie in ’n pan oor matige hitte en braai die ui, brandrissies, soetrissie en oorblywende masala 3 minute.

3 Voeg die tamaties en hoenderaftreksel by, bring tot kookpunt en laat prut 10 minute.

4 Laat val die hoenderfrikkadelle versigtig in die sous en kook 10 minute of tot die hoender gaar is.

5 Sit voor op die knoffelbrood en garneer met die vars kruie.

- Hope Malau