Genoeg vir 4 mense

Bereidingstyd: 5 minute

Gaarmaaktyd: 10 minute

6 hoenderborsies, in stukke gesny

4 knoffelhuisies

1 rooi brandrissie

’n klein hand vol vars koljander

1 eier

80 ml (? k) broodkrummels

sout en peper

30 ml (2 e) olie

1    Voorverhit die oond tot 180 °C.

2    Plaas die hoender in ’n voedselverwerker en verwerk tot fyn.

3    Vou die res van die bestanddele, behalwe die olie, in en rol die mengsel in balle so groot soos gholfballe.

4    Verhit die olie in ’n pan oor matige hitte en braai die frikkadelle 3 minute of tot verbruin. Verplaas na ’n bakplaat en bak 5 minute of tot deurgaar in die oond.

5    Sit voor saam met koolslaai en rogbrood.

- Hope Malau