4 hoenderborsfilette, platter gekap

2 ml (½ t) paprika

2 ml (½ t) fyn koljander

sout

30 ml (2 e) olyfolie

PYNAPPELSALSA

pynappel, in blokkies gesny

koljanderblare

BURGERS

4 broodrolletjies, oopgesny

60 ml (¼ k) mayonnaise

koljanderblare

1 rooi-ui, in ringe gesny

Verhit die oond tot 200 °C.

  1. Geur die hoender met die speserye en smeer met die olie. Pak op ’n bakplaat en rooster 15-20 minute. Pynappelsalsa Meng alles.
  2. Burgers Smeer die broodjies met die mayonnaise. Pak die koljander, ui, hoender en salsa op.