GENOEG VIR 6 MENSE

Bereiding: 5 min.

Gaarmaak: 8 min.

2 eiers

60 ml (¼ k) melk

125 ml (½ k) meel

500 ml (2 k) broodkrummels

4 hoenderborsies, in blokkies gesny

sout en vars gemaalde peper

olie vir braai

  1. Klits die eiers en melk in ’n bak. Gooi die meel in ’n aparte bak en die broodkrummels in ’n derde bak.
  2. Bedek die hoenderstukke met die meel, geklitste-eiermengsel en broodkrummels. Geur met die sout en vars gemaalde peper en plaas eenkant.
  3. Verhit die olie in ’n pot oor matige hitte. Diepbraai elke bedekte hoenderstuk 3 min. of tot goudkleurig.

Deur Hope Malau

Video: Jacques Stander