Genoeg vir 4-6 mense

Bereidingstyd: 15 minute

Gaarmaaktyd: 30 minute

15 ml (1 e) olie

8 hoenderdye en -boudjies

1 ui, gekap

1 knoffelhuisie, fyngedruk

250 g wit knopiesampioene

2 tamaties, gekap

15 ml (1 e) tamatiepasta

1 sakkie (58 g) hoenderkooksous

15 ml (1 e) droë gemengde kruie

sout en peper

1    Verhit die olie in ’n braaipan en verbruin die hoenderstukke. Voeg die ui, knoffel en sampioene by en braai nog 3 minute.

2    Voeg die tamaties, tamatiepasta en kooksous by (volg die aanwysings op die verpakking). Geur met die gemengde kruie, sout en peper.

3    Laat prut 30 minute of tot die hoender sag en gaar is. Sit voor saam met pap.

- Hope Malau