Genoeg vir 4 mense

Bereiding: 10 min.

Gaarmaak: 45 min.

6-8 hoenderboudjies

30 ml (2 e) hoenderspeserye

AARTAPPELWIGGIES

4 aartappels, in wiggies gesny

sout en vars gemaalde peper

45 ml (3 e) olyfolie

SOUS

250 ml (1 k) suurroom

50 g bloukaas, gekrummel

10 g vars pietersielie, gekap

Voorverhit die oond tot 200 °C. Sit ’n draadrakkie op ’n bakplaat en bespuit met kossproei.

  1. Geur die hoender met die speserye en pak op die draadrakkie. Braai 45 min. in die verhitte oond tot goudbruin en gaar.
  2. Aartappelwiggies Geur die aartappels met die sout en vars gemaalde peper. Meng die olie deur en versprei op ’n bakplaat. Bak saam met die hoender in die oond tot gaar.
  3. Sous Meng die suurroom, kaas en pietersielie en geur met die sout en vars gemaalde peper. Sit as doopsous saam met die hoender en aartappelwiggies voor.

As jy nie van bloukaas hou nie en eerder iets branderigs soek, maak ’n doopsous van die suurroom, twee gekapte brandrissies en 10 g gekapte vars koljanderblare.