Genoeg vir 4 mense

Bereiding: 15 min.

Gaarmaak: 15-20 min.

HOENDER

4-6 hoenderborsies

30 ml (2 e) knoffel-enkruiespeserye

60 ml (¼ k) gekapte pietersielie

skil van 1 suurlemoen

30 ml (2 e) olyfolie

TABOELI

250 ml (1 k) bulgur

100 g kersietamaties, in kwarte gesny

½ komkommer, in blokkies gesny

4 sprietuie, gekap

60 ml (¼ k) gekapte pietersielie

45 ml (3 e) olyfolie

60 ml (¼ k) gekapte ment

sout en peper

15-30 ml (1-2 e) suurlemoensap

Voorverhit die oond tot 200 °C.

  1. Hoender Plaas die hoenderborsies tussen 2 groot stukke bakpapier. Kap effens platter met die palm van jou hand. Geur met die knoffel-en-kruiespeserye, besprinkel met die pietersielie en skil, en smeer met die olyfolie.
  2. Pak op ’n bakplaat en rooster 15-20 min. tot gaar.
  3. Taboeli Berei die bulgur volgens die aanwysings op die pak. Meng die bulgur en die res van die bestanddele en geur met die sout, peper en suurlemoensap. Sit voor saam met die hoender en ekstra vars ment.

Voeg dan ’n hand vol gekapte neute by vir ekstra geur.