Genoeg vir 4 mense

Bereidingstyd: 5 minute

Gaarmaaktyd: 15 minute

4 hoenderborsies

’n hand vol vars koljander, fyn gekap

sout en peper

60 ml (¼ k) meel

2 eiers

125 ml (½ k) melk

500 ml (2 k) broodkrummels

180 g botter

sap van ½ suurlemoen

45 ml (3 e) olyfolie

’n skeut balsemieke asyn

40 g wilde roket

4 murgpampoentjies, met ’n groenteskiller in dun skywe gesny en onder die oondrooster gebraai

  1. Plaas die hoender tussen twee plastiekvelle en maak plat met ’n koekroller. Geur met die koljander, sout en peper.
  2. Plaas die meel op ’n bord. Klits die eiers en melk saam in ’n vlak bak. Plaas die broodkrummels op ’n ander bord.
  3. Bedek die hoenderstukke met meel en doop eers in die eiermengsel en dan in die broodkrummels tot heeltemal bedek.
  4. Verhit die botter in ’n pan oor matige hitte. Braai die hoender 5 minute of tot bros en deurgaar weerskante. Bedruip dadelik die hoender met suurlemoensap.
  5. Meng die olyfolie en asyn. Meng die roket met die mengsel.
  6. Sit die hoender met die roketslaai en murgpampoentjies voor.