Genoeg vir 2-4 mense

3 klein vinkelballe/bolle, gehalveer

30 ml (2 e) olyfolie

Sout en varsgemaalde swartpeper

4 ontbeende hoenderborsies

250 g kersie tamties

60 ml (1/4 k) pesto

12 skywe Mozzarellakaas

Voorverhit die oond tot 180 °C en smeer ‘n bakplaat met kossproei of gesmelte botter.

Rangskik die vinkelhelftes op die bakplaat, bedruip met olyfolie en geur met sout en peper.

Plaas in die oond vir sowat 10 minute.

Verhit intussen ‘n riffelpan en braai die hoenderborsies tot goudbruin aan beide kante, geur met sout en varsgemaalde swartpeper.

Rangskik die gebraaide hoenderborsies tussen die vinkelhelftes en sit die tamaties daarby.

Bedruip met nog olyfolie en bak vir 20 minute of tot net gaar.

Skep ‘n groot lepelvol van die pesto bo-op elke borsies, deel die kaasskywe en pak dit bo-op die pesto.

Bak vir nog sowat 5-10 minute of tot goed gesmelt.

WENK: Sit voor saam met opgekookte aartappels of romerigte polenta