GENOEG VIR 4 MENSE

Bereiding: 10 minute

Gaarmaaktyd: 25-30 minute

6 hoenderborsfilette, in repe gesny

sout en peper

olyfolie

20 ml (4 t) groenpeperkorrels

15 ml (1 e) brandewyn

250 ml (1 k) room

rys en vars gestoomde groente vir voorsit

  1. Geur die hoender met sout en peper.
  2. Verhit ’n bietjie olyfolie in ’n pan en roerbraai die hoender tot net gaar.
  3. Voeg die groenpeperkorrels, brandewyn en room by en verhit tot die sous effens verdik en afgekook het. Geur weer met sout en peper.
  4. Sit voor met rys en groente.

WENK

Voeg 5 ml (1 t) mielieblom by om te voorkomdat dit skif.