Genoeg vir 4-6 mense

Bereiding: 20 minute

Gaarmaaktyd: sowat 30-40 minute

8 groot hoenderborsies met vel en ribbebene steeds aan sout en vars gemaalde swartpeper

sap en skil van 2 groot suurlemoene

30 ml (2 e) olyfolie

30 ml (2 e) botter

60 ml (¼ k) grasuie

3 knoffelhuisies, fyn gekap

125 g spek, in stukkies gesny

250 g growwe maaskaas

olyfolie

gekookte aartappels

spinasieblare

Voorverhit die oond tot 200 °C.

Geur die hoenderporsies met sout en peper en die skil en sap van een van die suurlemoene.

Verhit die olie en botter en braai die grasuie, knoffel en spek tot bros en gaar.

Geur met sout en peper.

Laat afkoel en meng met die maaskaas.

Lig die vel van elke borsie aan die een kant op en ontbeen elke borsie.

Verdeel die vulsel tussen die borsies, skep dit boop die vleis en trek die los vel oor die vulsel.

Steek vas met ’n peuselstokkie.

Rangskik die borsies in ’n oondbak en bedruip met olyfolie en die sap en skil van die ander suurlemoen.

Bak 10 minute, verlaag die hitte tot 180 °C en bak nog 30 minute of tot gaar.

Sit voor saam met gekookte aartappels en spinasieblare.

WENK: Koop groot hoenderborsies met die ribbebeen aan, lig die vel liggies op en sny die ribbebene af; sodoende bly ’n groot stuk vel oor wat jy oor die vulsel kan vou.Onthou om die peuselstokkies te verwyder sodra die hoender uit die oond kom.