Lewer 10-12 rolletjies

Bereiding: 30 minute

Gaarmaaktyd: 25-30 minute

VULSEL

2 groot hoenderborsfilette

1 knoffelhuisie, gekneus

3 repies spekvleis, in dun repe gesny

4 songedroogde tamaties, fyn gekap

hand vol basilieblare, gekap

sout en peper na smaak

DEEG

1 rol (400 g) bevrore skilferkorsdeeg, ontdooi

1 eiergeel, geklits

25 ml (5 t) sesamsaadjies

blatjang vir voorsit

Voorverhit die oond tot 200 °C. Smeer ’n bakplaat.

  1. VULSEL Plaas die hoender en knoffel in die voedselverwerker en verwerk tot fyn.
  2. Voeg die res van die vulselbestanddele by en pols tot goed gemeng en fyn.
  3. Rol die skilferkors effens dunner uit op ’n meelbestrooide oppervlak en sny in die lengte deur in twee lang repe.
  4. Skep die helfte van die vulsel in die middel van een van die repe. Verf die kante met water, vou oor die vulsel en knyp aan mekaar vas.
  5. Sny in stukkies van 2,5 cm elk en pak op ’n bakplaat. Herhaal met die orige deeg en vulsel.
  6. Verf die deeg met eiergeel, sprinkel sesamsaad oor en bak 25-30 minute of tot gaar en goudbruin.
  7. Sit voor saam met blatjang.

WENK

Vries die ongebakte vleisrolletjies tot ’n maand lank. Pak dan bevrore op ’n bakplaat, verf met eiergeel en bak gaar tot goudbruin.