Genoeg vir 4 mense

Bereiding: 15 min.

Gaarmaak: 10 min.

4 hoenderborsies, gaar

60 ml (¼ k) grasuiroomkaas

60 ml (¼ k) mayonnaise

30 ml (2 e) gekapte

grasuie

sout en peper

4 pitabrode

1 rooi-ui, in ringetjies gesny

100 g mozzarellakaas, gerasper

4 sprietuie, in repies gesny

KOMKOMMER

15 ml (1 e) rysasyn

½ komkommer, in stokkies gesny

15 ml (1 e) papawersaad

1 brandrissie, gekap

  1. Pluis die hoenderborsies rofweg. Sit in ’n mengbak en meng die roomkaas, mayonnaise en grasuie deur. Geur met die sout en peper na smaak.
  2. Sny die pitabrode in die helfte. Versprei van die uie op die een helfte van ’n broodjie.
  3. Skep van die hoendermengsel, mozzarella en sprietuie op.
  4. Sit die ander helfte van die broodjie op en druk platter. Herhaal met die res van die broodjies en vulselbestanddele.
  5. Braai die broodjies in ’n ysterpan, toebroodjierooster of in die oond tot effens bros en tot die kaas gesmelt is.
  6. Komkommer Sprinkel die asyn oor die komkommer en meng liggies. Sprinkel die papawersaad en brandrissie oor en sit voor saam met die broodjies.