Braai hoenderborsies vinnig gaar en vou dit dan saam met allerhande heerlikhede toe in ’n tortilla.

250 g hoenderborsfilette, in repies gesny

sout en peper na smaak (of ’n hoender-vryfmengsel)

15 ml olie

1 ui, in dun ringe gesny

125 ml roomkaas

125 ml mayonnaise

4 meeltortillas

1 pak slaaiblare

’n kwart komkommer, ontpit en in dun repe gesny

1 rooi, of geel soetrissie, in dun repe gesny

Geur die hoenderborsies na smaak met die sout en peper (of hoender-vryfmengsel) en roerbraai in verhitte olie saam met die ui tot net gaar.

Hou eenkant.

Meng die roomkaas en mayonnaise en smeer daarvan oor elk van die oopgevoude tortillas.

Pak die slaaiblare, hoender, komkommer en soetrissie-repe op een helfte van elke tortilla.

Rol stewig op.

Braai liggies op die rooster, indien verkies, of sit net so voor.

Volg Huisgenoot op Twitter.