GENOEG VIR 4-6

Bereiding: 5 min.

Gaarmaak: 20 min.

400 g skilferkorsdeeg

5 ml (1 t) heelkorrelmosterd

60 ml (¼ k) suurroom

1 eier, geklits

3 hoenderborsies, gaargemaak en versnipper

4 tamaties, in wiggies gesny

’n hand vol koljander, grof gekap

sout en peper

Voorverhit die oond tot 220 oC.

  1. Rol die deeg oop op ’n gesmeerde bakplaat en keep ’n lyn op al vier kante om ’n rand van 2,5 cm te vorm.
  2. Prik die middel van die deel oraloor met ’n vurk en bak 10 minute.
  3. Meng die mosterd en suurroom in ’n bakkie. Haal die deeg uit die oond en druk die middel terug.
  4. Verf die deegrand met die geklitste eier en smeer die suurroommengsel oor die middel van die deeg.
  5. Strooi die hoender, tamaties en koljander bo-oor en geur.
  6. Sit terug in die oond en bak 8 minute of tot borrelend en die deeg gaar gebak is.

Deur Hope Malau

Foto: Jacques Stander