GENOEG VIR 4-8 MENSE

Bereiding: 20 min.

Gaarmaak: 5 min.

60 ml (¼ k) suurroom

1 pakkie (30 g) taco-geurmengsel

4 hoenderborsies, gaar en geskeur

8 taco-skulpe

1 kop blaarslaai, geskeur

1 tamatie, gekap

4 sprietuie, in skywe gesny

100 g swart olywe, in skywe gesny

1 avokado, in blokkies gesny (opsioneel)

250 ml (1 k) cheddarkaas, gerasper

  1. Meng die suurroom en 5 ml (1 t) van die taco-geursel in ’n bakkie. Bedek en verkoel tot gereed vir voorsit.
  2. Gooi die hoender en die oorblywende taco-geurmiddel in ’n bak. Bedek losweg met kleefplastiek en mikrogolf 2-3 minute tot die hoender deurwarm is.
  3. Plaas die taco-skulpe op ’n bord en mikrogolf 2 minute.
  4. Vul die taco-skulpe met die hoender en bedek met die blaarslaai, tamatie, sprietuie, olywe, avokado (indien gebruik), kaas en ’n skep van die gegeurde suurroom.