1 blik (400 g) kekerertjies, gedreineer

3 knoffelhuisies

suurlemoensap

sout en peper

4 pitabrode

3 stukke oorskiethoender, geskeur

blaarslaai of komkommerskyfies

30 ml (2 e) kruisement, gekap

250 ml (1 k) jogurt

  1. Verwerk die kekerertjies en knoffel in ’n voedselverwerker. Geur met die suurlemoensap, sout en peper.
  2. Rooster die brode tot opgepof. Sny ’n hoekie af.
  3. Smeer die kekerertjiesmeer binne-in. Pak die hoender en blare of skyfies binne-in.
  4. Meng die ment met jogurt, geur met sout, peper en suurlemoensap, en skep bo-op.