Genoeg vir 4 mense

Bereiding: 15 min.

Gaarmaak: 40 min.

4 ontbeende hoenderborsies

250 ml (1 k) meel

5 ml (1 t) rooipeper

sout en peper

1 eier, geklits

500 ml (2 k) fyn broodkrummels

Sous

50 g botter

30 ml (2 e) meel

300 ml melk

250 g sampioene, gehalveer

1 x 400 g-blik sampioene in pekelwater

½ blokkie beesvleisaftreksel

1.    Plaas kleefplastiek op die werkoppervlak en sit die hoender daarop neer. Bedek met nog ’n laag kleefplastiek en slaan met ’n rolstok tot plat.

2.    Gooi meel op ’n bord en geur met rooipeper, sout en peper. Giet die geklitste eier in ’n plat bak en gooi die broodkrummels op ’n derde bord.

3.    Bedek die hoender stuk vir stuk, eers met die meel, dan die eier en rond af met broodkrummels.

4.    Plaas in ’n pan oor matige hitte, voeg olie by en panbraai die hoender 10 min. weerskante.

5.    Sous: Plaas die botter in ’n kastrol oor matig lae hitte. Roer die meel in en hou aan roer tot ’n pasta vorm. Giet die melk in terwyl jy met mening roer. Voeg die gehalveerde sampioene by en laat prut 8 min. Voeg die blik sampioene met die vloeistof by en krummel die aftreksel by die sous in. Laat prut 10 min. of tot verdik.

6.    Sit die schnitzel voor saam met ’n stysel van jou keuse (aartappelwiggies werk goed) en sampioensous.

Deur Hope Malau

Foto: Megan Miller