Genoeg vir 4 mense

Bereiding: 10 minute

Gaarmaaktyd: 20-25 minute

500 g hoenderborsfilette, in repies gesny

sout en peper

olie

gekapte koljanderblare (opsioneel)

1 elk rooi, geel en groen soetrissie, in blokkies of repies gesny

250 g knopiesampioene, in repies gesny

30-45 ml (2-3 e) blatjang

30-45 ml (2-3 e) soet brandrissiesous

30 ml (2 e) mayonnaise (opsioneel)

500 ml (2 k) gaar jasmynrys

100 g sagte roomkaas (rolletjie) of fetakaas, in stukkies gesny

1 avokado, in skyfies of blokkies gesny

  1. Geur die hoender met sout en peper en braai in klein bietjie verhitte olie tot net gaar en sag. Sprinkel koljanderblare oor indien verkies en skep uit.
  2. Roerbraai die groente tot net sag maar nog bros.
  3. Voeg die hoender weer by saam met die blatjang, brandrissiesous en mayonnaise. Roer deur.
  4. Skep die jasmynrys in ’n bak, skep die hoender bo-op en rond af met die kaas en avokado.