Genoeg vir 4-6 mense

Bereiding: 15 minute

Gaarmaaktyd: 10 minute

SOUS

125 ml (½ k) lemoensap

45 ml (3 e) sojasous

15 ml (1 e) rysasyn

paar druppels vissous

20 ml (4 t) bruinsuiker

10 ml (2 t) sesamolie

sowat 7 ml (1½ t) mielieblom

ROERBRAAI

4 hoenderborsies, ontvel en ontbeen

sout

kanola-olie

1 ui, in stukke gesny

3 knoffelhuisies, fyn gedruk

10 ml (2 t) fyn gerasperde vars gemmer

’n halwe pynappel, geskil en in dik skywe gesny en dan in stukke gesny

1 pak (100 g) babaspinasieblare en roket

Chinese rysnoedels vir voorsit

geroosterde sesamsade

  • SOUS Meng al die bestanddele en hou eenkant.
  • ROERBRAAI Sny die hoenderborsies in skyfies en besprinkle met sout. Hou eenkant.
  • Verhit ’n bietjie olie in ’n wok of groot pan en roerbraai die ui, knoffel en gemmer daarin tot geurig. Skep uit.
  • Verhit nog ’n bietjie olie en roerbraai die hoender tot gaar en sag. Voeg die pynappel by en roerbraai effe.
  • Voeg die uiemengsel weer by. Voeg die sous by en roerbraai tot die sous effens verdik.
  • Meng die spinasieblare deur.
  • Maak die noedels gaar volgens die aanwysings op die pakkie.
  • Skep die hoender op die noedels en sprinkel die sade oor.