Deur Mary Krynauw 19/09/2013     

Bereiding: 10 minute

Gaarmaaktyd: 20 minute

Genoeg vir 6 tot 8 

15 ml (1 t) olie

1 ui, gesny

15 ml (1 t) knoffel

3 hoenderfilette, in blokkies gesny

500 g roerbraai bevrore groente

250 ml (1 koppie) soetsuursous

250 ml rys, gekook

  1. Verhit olie in groot wok of pan en roerbraai uie en knoffel tot uie deurskynend is.
  2. Voeg hoenderfilette by en roerbraai tot gekook of 5 minute, skep uit pan en laat staan eenkant.
  3. Voeg groente in dieselfde pan en roerbraai tot gekook is – bros, maar nie sag en pap nie.
  4. Skep hoender terug in pan, voeg sous by en meng liggies tot al die groente en hoender bedek is. Sit voor saam met die rys.