LEWER 6 HAMBURGERS

Bereiding: 15 min.

Gaarmaaktyd: 20 min.

Verkoeltyd: 20 min.

VLEISKOEKIES

500 g hoenderworsies, uit die derm gedruk

groot hand vol gekapte pietersielie

sout en peper na smaak

olie vir braai

HAMBURGER

½pynappel, geskil en in skywe gesny

6 broodrolletjies, gehalveer

JOGURTSOUS

250 ml (1 k) natuurlike jogurt

groot knippie fyn komyn

groot hand vol gekapte koljanderblare

  1. Vleiskoekies Meng al die bestanddele behalwe die olie en vorm 6 koekies. Laat 20 minute verkoel. Braai in ’n bietjie verhitte olie tot bruin en gaar.
  2. Hamburger Braai die pynappelskywe liggies in ’n riffelpan tot buiteom gebraai. Rooster die broodrolletjies.
  3. Jogurtsous Meng die jogurt, komyn en koljander.
  4. Plaas van die pynappelskywe op ’n broodrolletjie en plaas ’n vleiskoekie bo-op. Skep van die sous oor.