Lewer 1, 8 L

Bereiding: 10 min

Gaarmaaktyd: 30 min

olie

4 preie, in ringe gesny

2 knoffelhuisies, fyngedruk

125 ml (½ k) gekapte sopseldery

6 ontvelde hoenderborsies, in stukkies gesny

1 L (4 k) hoenderaftreksel

2 blikke (400 g elk) botterbone of cannellini-bone, gedreineer en fyngedruk

30 ml (2 e) Dijon-mosterd

skil van 2 suurlemoene

30 ml (2 e) gekapte pietersielie of grasuie

sout en peper na smaak

60 ml (¼ k) Griekse jogurt (of na smaak)

wit roosterbrood vir voorsit

Verhit die olie en braai die preie, knoffel en seldery tot sag.

Voeg die hoender by en braai ligweg tot die buitekante net begin wit verkleur.

Voeg die hoenderaftreksel en bone by en bring tot kookpunt.

Geur met mosterd, suurlemoen, pietersielie of grasuie en sout en peper na smaak.

Laat goed kook tot die hoender gaar is, sowat 15 minute. Haal van hitte af.

Roer die jogurt by.

Druk patroontjies uit die witbrood en rooster tot goudbruin.

Skep die sop in bakkies of bekers en rond af met die roosterbrood.

WENK: Sit voor met 'n skeppie suurroom.

Volg Huisgenoot op Twitter.