Genoeg vir 4-6 mense

Bereiding: 10 minute

Gaarmaaktyd: 20 minute

4 x 250 ml (4 k) hoenderaftreksel

250 g skulpiepasta

15 ml (1 e) botter

2 uie, gekap

6 hoenderborsfilette,

in skywe gesny

250 g gemengde sampioene,

heel en grof gekap

sout en vars gemaalde peper

250 ml (1 k) Griekse jogurt of room

30 ml (2 e) basiliepesto

125 ml (½ k) vars basilie

  1. Verhit die aftreksel tot kookpunt in ’n groot mikrogolfvaste glasbak. Voeg die pasta by en mikrogolf 10 minute tot die pasta net gaar is. Giet die aftreksel af, maar behou 125 ml (½ k) daarvan.
  2. Plaas die botter en uie in die mikrogolfvaste glasbak en mikrogolf 3 minute.
  3. Voeg die hoender en die 125 ml (½ k) aftreksel by en mikrogolf 2 minute.
  4. Voeg die sampioene by, geur met die sout en peper en meng goed deur. Mikrogolf nog 5 minute. Roer die jogurt of room en die pesto deur, voeg die pasta by en verhit tot goed warm, 2 tot 3 minute. Sprinkel die vars basilie oor.