Bereiding: 10 minute

Gaarmaaktyd: 20 minute

Genoeg vir 4- 6 mense

SALSA

¼ komkommer, in blokkies gesny

1 groot tamatie, ontpit en in blokkies gesny

½ klein rooi-ui, fyn gekap

1 rooi rissie, gekap (opsioneel)

gekapte koljander

HOENDER

4-6 hoenderborsies, in repe gesny

30 ml (2 e) Cajun-spesery

5 ml (1 t) olyfolie

15 ml (1 e) botter

1 blik (410 g) gekapte tamatie-en-uiemengsel

1 klein pakkie nacho’s-skyfies

125 ml (½ k) cheddarkaas, gerasper

125 ml (½ k) mozzarellakaas, gerasper

1 avokado, fyngemaak saam met 10 ml (2 t) suurlemoensap, sout en peper na smaak (opsioneel)

SALSA

Meng die bestanddele en sit dit in die yskas.

HOENDER

Geur die hoenderrepe met Cajun-spesery en blitsbraai dit in olyfolie en gesmelte botter.

Voeg die helfte van die tamatiemengsel by en laat prut 5 minute oor lae hitte.

Voeg dan die res van die tamatiemengsel by en laat prut nog 5 minute.

Rangskik die helfte van die nacho’s op ’n bord wat in die mikrogolf kan kom.

Skep die helfte van die hoenderrepe bo-op, gevolg deur die helfte van die tamatiesalsa.

Herhaal die lae.

Bedek met kaas en verhit in die mikrogolf tot die kaas gesmelt het.

Sit met die fyn avokado voor.

Volg Huisgenoot op Twitter.