Genoeg vir: 6

Bereiding: 10 min

Gaarmaak: 30 min

1 kg hoenderstukke

sout en vars gemaalde swartpeper

30 ml (2 e) olyfolie

1 ui, gekap

2 knoffelhuisies, gekneus

250 ml (1 k) hoenderaftreksel

15 ml (1 e) mieliemeel

125 ml (½ k) songedroogde tamaties in olyfolie, fyngekap

’n hand vol koljander, gekap

Sit voor saam met platbrood of roti’s

1. Geur die hoender met sout en peper. Verhit 15 ml (1 e) olyfolie in ’n pan oor matig hoë hitte. Voeg die hoender by en kook 5 min. Laat staan eenkant.

2. Verhit die oorblywende 15 ml (1 E) olyfolie in ’n aparte pan. Voeg die ui by en soteer tot amper sag, sowat 3 min. Voeg die knoffel by en soteer nog 1 min.

3. Klits die aftreksel en mieliemeel saam en giet in die pan. Roer die sondroë tamaties by en geur die sous met sout en peper. Bring tot kookpunt en laat 1 min. liggies kook; roer aanhoudend.

4. Voeg die hoender by en laat 15 min. saggies kook. Verwyder van die hitte. Garneer met koljander en sit dadelik voor saam met platbrood of roti’s.

Resepte: Carmen Petersen

Kook & stilering: Hope Malau

Foto’s: Megan Miller