4-6 hoenderfilette, in blokkies gesny

30 ml (2 e) tandooripasta

15 ml (1 e) olie

1 ui, gekap

1 avokado, in blokkies gesny

10 ml (2 t) suurlemoensap

sout

NAAN:

500 g brooddeeg

15 ml (1 e) botter

5 ml (1 t) geroosterde komynsade

Verhit die oond tot 230 °C.

  1. Meng die hoender en pasta.
  2. Verhit die olie. Braai die ui. Voeg die hoender by. Roerbraai tot gaar.
  3. Besprinkel die avokado met die sap. Geur met die sout.
  4. Naan: Maak deegballe en rol uit. Verf met die botter en besprinkel met die komyn.
  5. Bak 5 minute. Sit alles saam voor