Deur Fiona Gengan 05/09/2013

Bereiding: 15 minute

Gaarmaaktyd: 15 minute

Genoeg vir 6

250 g pastaskulpe, gekook

15 ml (1 T) kookolie

1 uie, gesny

2 fyngemaalde knoffelhuisies

1 rissie, gekap (verwyder sade vir matige smaak)

1 groot murgpampoentjie, dun gesny

300 g hoenderfilet in repies gesny

sout en vars gemaalde peper na smaak

100 ml Mayo-sous

100 ml mayonnaise

50 ml room

  1. Verhit die olie in ’n wok en braai vinnig die ui, knoffel en rissie.
  2. Voeg murgpampoentjie by en braai 2 minute en voeg dan hoenderrepies by en roerbraai tot die hoender effe bruin is.
  3. Roer die gekookte pasta by, verwyder van hitte en roer dadelik die oorblywende bestanddele by. Dit kan warm of koud voorgesit word.