Genoeg vir 4 mense

Bereiding: 15 min.

Gaarmaak: 45 min.

HOENDER

4-6 hoenderporsies

sout en vars gemaalde peper

20 ml (4 t) gerookte paprika

15 ml (1 e) olyfolie

MIELIES

4 heel soetmielies sout

2 rooi brandrissies, gekap

10 g vars koljanderblare, gekap

SOUS

60 ml (¼ k) suurroom

15 ml (1 e) lemmetjie of suurlemoensap

Voorverhit die oond tot 200 °C.

Sit ’n draadrakkie op ’n bakplaat en bespuit met kossproei.

  1. Hoender Geur die hoender met die sout, peper en paprika. Smeer met die olie en pak op die draadrakkie. Rooster 45 min. of tot gaar en bros in die oond.
  2. Mielies Kook die mielies 10 min. tot amper gaar. Verhit ’n riffelpan, of braai oor warm kole tot geskroei. Geur met die
  3. sout en sprinkel die brandrissies en koljanderblare oor.
  4. Sous Meng die suurroom en lemmetjie of suurlemoensap en geur met die sout.
  5. Bedruip die mielies met die sous en sit saam met die hoender voor.