Genoeg vir 6 mense

Bereiding: 10 minute

Gaarmaaktyd: 45-55 minute

Hoender

8 hoenderporsies

sout en peper

125 ml (½ k) hoenderaftreksel

Krummelkors

500 ml (2 k) dagoud witbroodkrummels (bv. focaccia of suurdeeg)

1 klein ui, gekap

4 takkies grasuie, gekap

5 ml (1 t) gemengde droë kruie of 15-20 ml (3-4 t) vars origanum, pietersielie en basilie

2-3 knoffelhuisies, gekneus

250 ml (1 k) fetakaas, grof gekrummel, of gerasperde cheddarkaas

olyfolie vir bo-oor sprinkel

groenslaai vir voorsit

Voorverhit die oond tot 180 °C. Smeer ’n oondbak.

  1. Hoender Geur die hoenderporsies met sout en peper en pak styf teen mekaar in ’n enkellaag in die oondbak. Giet die aftreksel in die bak.
  2. Krummelkors Meng al die bestanddele behalwe die olyfolie en sprinkel dit oor die hoenderporsies.
  3. Bedek en bak 45-50 minute of tot die hoender gaar is. Verwyder die bedekking, drup die olyfolie oor die kors, verhoog die hitte tot 200 °C en bak tot die kors bruin en bros is.
  4. Sit voor met ’n groenslaai.