Genoeg vir 4 mense

Bereiding: 15 min.

Gaarmaak: 1 uur 15 min.

4 hoenderdytjies

sout en vars gemaalde

peper

MARINADE

2 sprietuie, gekap

4 knoffelhuisies, fyngedruk

45 ml (3 e) sojasous

15 ml (1 e) rysasyn of suurlemoensap

5 ml (1 t) Chinese vyfspeserye

15 ml (1 e) sesamolie (opsioneel)

RYS

15 ml (1 e) botter

1 ui, gekap

2 sprietuie, gekap

2 repies spek, gekap

500 ml (2 k) gaar rys

60 ml (¼ k) room

60 ml (¼ k) hoenderaftreksel

Voorverhit die oond tot 180 °C.

  1. Geur die hoender met die sout en peper en pak in ’n niemetaalbak.
  2. Marinade Meng al die bestanddele en giet oor die hoender. Bedek en verkoel.
  3. Rys Verhit die botter in ’n pan en braai die ui en sprietuie. Voeg die spek by en roerbraai
  4. tot gaar. Meng die rys, room en aftreksel deur die uiemengsel en geur met die sout en peper.
  5. Skep die rysmengsel in ’n oondbak. Haal die hoender uit die marinade; pak dit op die rys. Bedek met foelie en
  6. bak 45 min. Haal die foelie af; bak nog 15 min.
  7. Sit die hoender voor saam met ’n sprietui-en-radysslaai.