Genoeg vir 6 mense

Bereidingstyd: 15 minute

Marineertyd: 30 minute of oornag

Gaarmaaktyd: 1 uur

8 hoenderstukke

Groenbone:

150 g vetterige spek

25 g groenbone

20 g botter, gesmelt en gemeng met gekapte knoffel

Marinade:

30 ml (2 t) heuning

3 cm vars gemmer, gerasper

3 knoffelhuisies, fyn gedruk

5 ml (1 t) Chinese vyfgeurspesery

10 ml (2 t) soya sous

45 ml (3 t) lemoen marmelade

2, 5 ml (½ t) gerasperde lemoenskil

15 m (1 t) sesam-olie

  1. Sny die hoender ’n paar keer met ’n skerp mes en sit dit in ’n bak (glas of erde, maar nie metaal nie).
  2. Marinade: Meng al die bestanddele saam en gooi dit oor die hoender. Los om te marineer minstens ’n halfuur, of as jy tyd het, oornag. Draai dit om in die helfte van die marineertydperk sodat dit weerskante marineer.
  3. Voorverhit die oond tot 200 °C.
  4. Verplaas die hoender na ’n bakplaat en bak 20 minute. Vee enige marinade wat oorgebly het oor die hoender terwyl dit bak.
  5. Bone: Draai ’n repie spek om drie of vier bone en verf met knoffel en botter. Herhaal met die oorblywende bone en spek. Rangskik op ’n bakplaat en bak vir ’n kwartier tot die spek gaar is na smaak.
  6. Bedien die hoender met die bone en pap of kapokaartappel.

- Hope Malau