vrydag hoender tamataie

Genoeg vir 4-8 mense

Bereidingstyd: 10 minute

Gaarmaaktyd: 25 minute

KOESKOES

125 g koeskoes

200 ml kookwater

sap van 1 suurlemoen

½ rooi ui, gekap

1 blik (410 g) kekerertjies

TAMATIES

150 g pruimtamaties

HOENDER

5 ml (1 t) paprika

2 ml (½ t) rooipeper

5 ml (1 t) fyn komyn

2 ml (½ t) borrie

2 ml (½ t) fyn kaneel

30 ml (2 e) olie

sout en peper

8 hoenderstukke

1    Voorverhit die oond tot 200 °C.

2    Koeskoes: Plaas die koeskoes in ’n bak, voeg die kookwater by, meng goed, bedek en sit 5 minute eenkant om te week. Vlok die korrels met ’n vurk. Roer die suurlemoensap, ui en kekerertjies in en sit eenkant.

3   Tamaties: Plaas die tamaties op ’n bakplaat en rooster 7 minute.

4   Hoender: Meng die paprika, rooipeper, komyn, borrie, kaneel, olie, sout en peper en vryf dit oor die hoender. Plaas die hoender op ’n bakplaat en rooster 15 minute of tot deurgaar.

5    Sit die hoender en geroosterde tamaties op die kekerertjie-koeskoes voor.