Genoeg vir 6 mense

Bereiding: 15 minute

Gaarmaaktyd: 60-70 minute

45 ml (3 e) olyfolie

sout en peper na smaak

20 ml (4 t) paprika

8 hoenderdye

750 g baba-aartappeltjies

6 baba-uie, geskil, of 2 middelslag-uie, in skywe gesny

1 rooi en geel soetrissie elk, in repies gesny

4 knoffelhuisies, geskil

400 g baba-tamaties

2-3 wiele fetakaas

Voorverhit die oond tot 180 °C en smeer ’n oondvaste bak.

  1. Meng die olie, sout, peper en paprika. Smeer die hoenderporsies daarmee in. Pak in ’n oondvaste bak.
  2. Voeg die res van die bestanddele behalwe die tamaties en fetakaas by, geur die groente met sout en peper en oondbak 30 minute.
  3. Voeg die tamaties by en oondbak nog 20-30 minute of tot die hoender sag en gaar is.
  4. Sprinkel die kaas oor en oondbak sowat 10 minute tot effens bruin.

WENK