Genoeg vir 6 mense

“Min mense het nog nie van hierdie resep gehoor nie – maar baie het nog nie die moed gehad om dit te probeer nie."

3-4 knoffelkoppe (sowat 40 huisies)

1 stewige hoender, in stukke gesny (of koop 6 afsonderlike porsies)

vars gemaalde sout en peper

15 ml (1 e) botter

30 ml (2 e) olyfolie

45 ml (3 e) konjak (of goeie brandewyn)

375 ml (1½ k) droë witwyn

30 ml (2 e) vars tiemieblare (of salie of pietersielie, solank dit vars is)

30 ml (2 e) koekmeel

45 ml (3 e) crème fraîche

Skei die knoffelhuisies en dompel hulle vir 1 minuut in kokende water.

Dreineer en skil.

Indien jy die gereg in die somer met jong knoffel maak, kan jy die huisies heel gebruik; so nie, halveer jy die ou knoffel en verwyder die groen spriet – anders is dit bitter.

Besprinkel die hoender met vars gemaalde sout en peper.

Verhit die botter en olie in ’n swaarboomkastrol oor matige tot hoë hitte.

Braai die hoenderstukke sowat 4 minute aan elke kant.

Hou eenkant.

Plaas die knoffelhuisies in die kastrol, verminder die hitte en roerbraai sowat 7 minute tot hulle bruin is.

Voeg 2 eetlepels van die konjak en ook die wyn by en verhoog die hitte tot die vloeistof kook.

Skraap die bruin stukkies van die bodem af.

Plaas die hoender terug in die kastrol saam met die tiemieblare (of salie of pietersielie).

Sit die deksel op en laat prut sowat 30 minute oor lae hitte tot die vleis sag is.

Haal die hoender uit, bedek met foelie en hou warm.

Skep ’n halfkoppie van die vloeistof uit die kastrol en roer dit in ’n bakkie saam met die meel.

Roer dié mengsel weer by die vloeistof in die kastrol.

Verhoog die hitte, voeg die oorblywende konjak en die crème fraîche by en kook 3 minute.

Geur met sout en peper.

Skep die sous met die knoffelhuisies oor die hoender en sit dadelik voor.