2 uie, gekap

15 ml (1 e) olie

4-6 hoenderporsies sout en peper 1 botterskorsie, geskil en in blokkies gesny 250 ml (1 k) room 125 ml (½ k) hoenderaftreksel

  • Voorverhit die oond tot 180 °C. Braai die uie in die verhitte olie tot bruin; haal uit en hou eenkant. Geur die hoender met die sout en peper en verbruin in dieselfde pan.
  • Rangskik die uie, hoender en botterskorsie in ’n oondbak. Giet die room en die aftreksel oor, bedek met foelie en bak sowat 60 minute tot gaar.
  • Sit voor met rys en vars roketblare.